Chané & JP
Chané & JP
Ons Storie
Ons liefdesverhaal het nie in ’n koffiewinkel of op ’n romantiese aandete begin nie… maar langs ’n rugbyveld! My eerste “date” met JP was waar ek hom gaan ondersteun het. Hy was dalk nommer 4, 5 of 8 op die veld – maar hy het baie vinnig die nommer 1 posisie in my hart ingeneem.
Op 16 Julie 2021 het ons storie amptelik begin toe JP my gevra het om sy meisie te wees. Van daardie dag af het ons hand aan hand deur alles gestap – die mooi, die snaakse en selfs die uitdagende oomblikke. Net voor ons 3-jaar herdenking, op 2 Julie 2024, het JP my op die strand verras met die groot vraag… saam met my familie daar om dit saam met ons te vier. Dit was ’n ongelooflike spesiale en onvergeetlike oomblik wat ons altyd sal koester.
Sedertdien het ons al 2 knie-operasies oorleef, provinsies geskuif, ’n hondjie gekry (Luna – die ware baas van die huis ), ’n huis gekoop, groot mylpale bereik en ook saam deur moeilike tye gegaan. Elke ervaring het ons net nader aan mekaar gebring. Nou staan ons op die drumpel van ons volgende hoofstuk, met harte vol dankbaarheid en opgewondenheid. Ons kan nie wag om ons liefde te vier en ons pad vorentoe te begin saam met al ons hartsvriende en familie nie.
Hier begin ons vir altyd.

Die Groot Dag
Die Groot Dag
Die Venue - TABAK HUIZ
Farm Lemoenfontein, Rustenburg, 0299
Verblyf naby Tabak Huiz
Inzenga Lodge (3km from Tabak Huiz)
071 689 3085
Makinky Manzi (7km from Tabak Huiz)
082 689 8383
Marius Roothman Boerdery (10km from Tabak Huiz)
084 233 3222

Kom vier liefde saam met ons
Bevestig asseblief julle bywoning deur die vorm hieronder te voltooi voor die 30ste April 2026. Ons sien uit daarna om saam met julle fees te vier.
Ons vra vriendelik dat slegs genooide gaste wie se name op die uitnodiging verskyn, die troue bywoon. Geen kinders, asseblief.